web analytics

Graad 8 | Kwartaal 1 | Les 1 | Geloof

04
Feb
Topic Progress:

 

Voor jy begin:

Dink oor hierdie vraag:

Indien iemand jou sou voorkeer en vra Wat glo jy? Wat sal jou antwoord wees?

Vandag se les gaan oor geloof. Alhoewel geloof ‘n abstrakte begrip is en partykeer moeilik is om vas te vang of te verduidelik gee Hebreërs 11:1 vir ons ‘n mooi definisie: “Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien.” As Christene is ons geloof gegrond in Jesus Christus. Ons glo dat Hy ons verlos het van ons sonde en daarom kan ons in sy liefde leef. Ons glo dat Hy gestuur was deur God die Vader, wat ook ons skepper is en wat ons so lief gehad het dat Hy sy Seun vir ons gestuur het. Ons glo dat Jesus gekruisig is vir ons sonde, dat Hy weer opgestaan het uit die dood en dat Hy opgevaar het na die Hemel, maar dat Hy die Heilige Gees vir ons agter gelaat het, sodat hy by ons kan wees en ons kan lei.

Om op te som: Ons Glo in God die Vader – Die een wat ons geskep het In Jesus Christus sy Seun- Die een wat ons verlos het en In die Heilige Gees- wat ons lei en bewaar.

Jy kan dalk wonder wat beteken hierdie?

Dit beteken dat God van die begin van jou lewe jou ongelooflik baie lief het en daarom het hy ‘n manier gekry om met jou in ‘n verhouding kan staan. Dit is deur Jesus wat jou verlos het van sonde en die Heilige Gees wat elke dag by jou is. Geloof is dus om op hierdie liefde van God te vertrou en te weet dat Hy altyd by jou sal wees.

Vrae wat jy dalk mag hê: Hoekom is daar drie name vir God? Ons glo dat God een God is, maar in drie persone aan ons verskyn het. Hoekom twyfel ons soms? Dit is normaal om te twyfel, ons geloof is nie op onsself gegrond nie, maar in God, Hy gee dit vir ons. Hoe kan ek weet of ek reg glo? Daar is nie ‘n verkeerde manier om te glo nie, die kern gaan oor of jy Jesus as jou verlosser aangeneem het.

Week se uitdaging: Gaan lees Hebreërs 11:1-40 deur. Kies een geloofsheld wat jy van hou. Beantwoord die volgende paar vrae oor jou geloofsheld: (Skryf die antwoorde op ‘n papier en onthou om dit saam te bring).

  1. Wie was die persoon?
  2. Waar kan ons in die Bybel sy storie opspoor?
  3. Hoekom hou jy spesifiek van hierdie persoon?

Skryf ‘n paar doelwitte vir jou geloof vir hierdie jaar neer en gee dit vir jou groepleier. Jy gaan dit aan die einde van die jaar weer terugkry.

 

QuizzesStatus