Ons lewe dikwels verby mekaar en is gereeld nie werklik teenwoordig vir mekaar as gesin nie. In vandag se tye is dit nodig om jouself gereeld te herinner om in die “nou” te leef – saam met die mense naaste aan jou en die Here.
Kom ontdek die waarde van teenwoordigheid as gesin en as individu. Kom beleef iets nuuts in die Here se teenwoordigheid.
Die kamp se inhoud is gefokus op alle vorme van gesinne en families. Maak nie saak hoe jou gesin saamgestel is nie (met of sonder kinders), almal is welkom! Individue is meer as welkom om die kamp by te woon en in al die pret te deel! As jy deel is van ‘n gemeente is jy deel van ‘n familie!
24 – 26 Februarie 2023
Weesgerus vakansieoord
Vrydag vanaf 16:00
Elke gesin sorg self vir hul etes. Ons reël Saterdagaand ‘n bring-en-braai. Ons sorg vir die vure. Elke gesin bring eie vleis, drinkgoed en bykosse.
Sondag 12:00
Daar is verskillende verblyfopsies beskikbaar, elkeen met eie kostes. Elke gesin dra ook by tot die gedeelde kostes vir die huur van fasiliteite en gesamentlike verversings tydens sessies.
Skoolkwartale
Sondae 08:00 | 10:00 | 17:30
Skoolvakansies & Langnaweke
Sondae 09:00